Wednesday, January 16, 2019

Lisa se Klavier - Woorde en Kitaar Drukke Koos Kombuis



D                      Bm
Ek het 'n vriendin     ver by die blou see
D                                 Bm
teen die hang van Tafelberg,     as die son sak,
             D
speel sy die mooiste melodie



Haar vingers ken die pad
Bm
opgesluit in wit en swart
    D
Die klavier se grootste vreugde
  Bm
hartseer en verlange
D
verstaan die hart se diepste smart


             D               Dsus4  D
Ja die hele wereld word stil
                   Em
en luister in die donker uur
            A
na die nag geluide
     Bm
van lisa se klavier.
x2

Lisa kan nie ophou,  as sy eers begin het nie
sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
voor my laaste sigaret nie

Ek staan op haar balkon,drink haar appelkoos tee
ek kyk na Kaapstad in die nag
die liggies en die swart, swart se


En onder op die sypaadjie sien ek die bergie en sy maat
hulle staan en opkyk ver na bo
van uit die vullis van Oranje straat

Hulle ken al lank die klanke
wat uit haar woonstel stroom
lank na twaalf met die deure oop al moun die bure ook al hoe word lisa elke boemelaar se droom

No comments:

Post a Comment

Afrikaanse Lirieke met Kitaar Drukke

Afrikaanse Lirieke met Kitaar Drukke
kitaar drukke

Besoeker nommer